SA Rugby magazine SA Rugby magazine – Latest South African rugby news

South African rugby news, interviews, videos and more. Covering the Springboks, Bulls, Stormers, Sharks, Cheetahs and Lions, as well as schools and club rugby.

Primary Menu Search
SA Rugby magazine
  • Home
  • Springboks
  • Investec Champions Cup
  • URC
  • DIGI-MAG
  • Videos
  • Schools
  • Cars
    • Cheap cars for sale
    • Used Cars For Sale
    • New Cars For Sale
    • Demo Cars For Sale
  • Deals
    • One Day Deals
    • Nationwide Deals
      • Deals in Cape Town
      • Deals in Johannesburg
      • Deals in Durban
      • Deals in Pretoria
      • Deals in Port Elizabeth
    • Accommodation Deals
    • Romantic Getaways
    • Food and Drink Deals
    • Experiences
    • Health and Wellness Deals
  • Keo & Zels
  • africapicks
You are here: Home ∼ From fabulous Faf to Adelaide Annihilation

From fabulous Faf to Adelaide Annihilation

Boks
Published on August 28, 2022

Waking up without a babbelas for a change, KAPTEIN KORTBROEK reflects on the Adelaide Annihilation and shows yellow to anyone lauding the Aussies for being superior on the day when, in fact, the Boks were so poor they would have lost to Japan’s reserve team.

For Faf sake, boys! Julle besef seker nie hoe hartseer hierdie Adelaide Annihilation werklik is nie. As jy wil weet hoe belangrik daardie plek in die psige van die Suid-Afrikaner is, vra vir Faf!

Die bra het in 2012 vir sewe uur en 46 minute in 34°C Durban-like humiditeit saam met vyf verskillende partners (waarvan een skaars kon hardloop) ‘n kookwater Aussie-boulaanval trotseer en so gesorg het dat die Proteas die game draw en uiteindelik die reeks beklink.

Dit was een van die yster-oomblikke in die geskiedenis van ons land en toe kom die Bokke.

Faf het na daardie kolfbeurt ons laat vergeet van al die vernederende toetse doer onder. Dit was hoe ons die Adelaide Oval wou onthou. Maar nee, die amper agt ure wat Faf Dup daar trotseer het, is die naweek met 10 minute van Faf wat in die koelkas sit, nadat hy die (pussy) kat se snor gekielie het, uitgewis.

Fine, die Bokke het verloor, dit gebeur, en dit was ‘n bitter pil om te sluk. Wat die slukproses egter bemoeilik het is die feit dat ek bietjies, bietjies in my mond begin kots het toe ek lees dat van ons ‘pundits’ die Aussies se drolle na die wedstryd begin pruim.

Dit was kwansuis “A Wallaby performance for the ages”. Nee, Tank, hierdie was ‘n total Bok implosion wat in die enjinkamer begin het en soos ‘n tweedehandse Uno Fire, net met rukke en stote spoed agterlangs opgetel het voordat dit heeltemal die pad byster geraak het.

Let’s call a spade a fokken shovel. Dit was pateties, Bokke. Soveel so dat ons baie moontlik as wêreldkampioene met die houtlepel van hierdie Rugby Championship af kan wegstap.

Kyk net wat het die Pumas met die All Blacks gedoen. Hulle het gedoen wat ons op Ellis Park moes gedoen het, maar ons was dalk net te nice.

Terug na die Adelaide Annihilation. Yes, ons weet die vlug Oz toe was vertraag, maar niks was so vertraag soos daardie eerste 10 minute van die game nie. Dalk het die Quantas-lugwaardinne iets in julle smoothies gegooi en almal het gietergat gehad? Vlieg in die vervolg eerder Emirates of Air Afghanistan of swem.

Daar is geen rede vir ons nasionale rugbyspan om in die voetspore van ons lugredery te volg nie. Ek het nog vertroue in die bestuur (al meng die regering in) en ons weet daar is meer as genoeg wêreldklas-spelers vir die Bok breiers om van te kies en te keur.

Dit wil egter voorkom of die een groot tekort in die span daardie basterbrak-mentaliteit oftewel killer instinct is. Dit is die tipe honger wat ‘n jong bul in ‘n span aanwakker.

Dalk is daar te veel TV advertensie-shoots en te min afkaksessies? Of dalk kort die Bokke ‘n Nic White wat bereid is om die respek van sy vrou, ouers, kinders, vriende en familie prys te gee, solank sy span net wen.

Nic White het deur hierdie opoffering gesorg dat die Bokke sonder Faf moes klaarkom en nes Bryce Lawrence wie se skelmstreke toegesien het dat hy ‘n nasionale held word, sal White se sokker-skouspel sorg dat hy ook ‘n Aussie-legende word.

White het egter nie die bal vir die Bokke in kontak verloor nie. Hy was nie Pollard se skopskoen nie en hy was ook nie deel van die Bok-leiers wat besluit het dat ons slegs van aanvallende lynstane af kan score nie.

Dit was die swakste innings in ‘n lang tyd en ek kry die idee dat ‘n paar nuwe besems ingespan sal moet word.

*Kaptein Kortbroek het al een keer by Ram Fest backstage saam met Jack Parow ‘n bottel brannas geklap.

Posted in Columns, Kaptein Kortbroek Tagged Springboks

Post by Kaptein Kortbroek

Whether you're traveling to catch a rugby game or just looking for a reliable ride, finding the right car is crucial. Here are some great deals on cheap cars across South Africa:

  • Cars for sale in South Africa
  • Cheap cars in Western Cape
  • Cheap cars in Gauteng
  • Cheap cars in KwaZulu-Natal
  • Cheap cars in Mpumalanga
  • Cheap cars in Free State
  • Cheap cars in Eastern Cape
  • Cheap cars in Limpopo
  • Cheap cars in Northern Cape
← Previous Next →

Overseas stars keep Boks strong

Overseas-based players remain central to Rassie Erasmus’ Springbok plans despite being far...

JP’s got a message for Rassie

Sharks boss JP Pietersen has proved that backing youngsters with raw talent...

Lions roar into new territory

The Lions have shown that squad stability can outweigh Springbok star power,...

World Rugby deserves a rebel league

Rebel rugby is coming, and for players it's the deal Test rugby...

Dupont the greatest? Hold your GOATs!

Antoine Dupont will finish his career as one of the game's most...

Ode to World Cup final

The ball was in play for 38 minutes in the 2023 Rugby...

Please Boks, never change

The world champion Springboks have to evolve their personnel, but not their...

Mr. Rugby on the Modern Game

Thanks to the wonders of artificial intelligence, we can now go beyond...

Rassie ref hom in die rooi

Rassie Erasmus is hardly the embarrassment that some are making him out...

Boks need to make mentality adjustment

The Springboks need to lose their underdog mentality, writes SIMNIKIWE XABANISA in...

Kolbe’s worth every penny

Cheslin Kolbe’s big-money move to Toulon should be welcomed as a massive...

Top six: Best and worst foreign imports

SARugbymag.co.za identifies six of the best and worst foreign players to play...

VIEW MORE
  • LIVE: Leinster vs Bordeaux
  • LIVE: Montpellier vs Ulster
  • LIVE: Munster vs Lions
  • LIVE: Bulls vs Benetton
  • Watch: LBB’s 10 Champions Cup tries

  • Contact us
  • Terms and conditions
  • Privacy Policy
  • Competitions
  • Videos
  • Player Features
  • Joburg Etc
  • African Insider News
  • Rugby Championship
  • Super Rugby
  • Currie Cup
  • Varsity Cup
  • Gold Cup
  • Schools
  • Schools
  • SA Cup
  • Six Nations
  • Champions Cup
  • World Cup
  • Challenge Cup
Contact Us on WhatsApp

Connect with us on WhatsApp

CAPE TOWN OFFICE: 36 Old Mill Road, Ndabeni, Maitland, 7405, Western Cape > Telephone: (021) 530 3300 > Fax: (021) 530 3333
©Copyright 2026 SA Rugby magazine

Primary Menu

  • Home
  • Springboks
  • Investec Champions Cup
  • URC
  • DIGI-MAG
  • Videos
  • Schools
  • Cars
    • Cheap cars for sale
    • Used Cars For Sale
    • New Cars For Sale
    • Demo Cars For Sale
  • Deals
    • One Day Deals
    • Nationwide Deals
      • Deals in Cape Town
      • Deals in Johannesburg
      • Deals in Durban
      • Deals in Pretoria
      • Deals in Port Elizabeth
    • Accommodation Deals
    • Romantic Getaways
    • Food and Drink Deals
    • Experiences
    • Health and Wellness Deals
  • Keo & Zels
  • africapicks
×